The biogeomorphology associated with a keystone plant species in the sub-Antarctic

Thesis (PhD (Conservation Ecology and Entomology))--University of Stellenbosch, 2011. AFRIKAANSE OPSOMMING: Min aandag is al gegee aan biogeomorfologiese interaksies in glasiale en periglasiale omgewings. Nietemin is hierdie interaksies, wat op die skeidingsvlak tussen ekologie en geomorfologie foku...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Haussmann, Natalie Suzette
Other Authors: McGeoch, Melodie A., Boelhouwers, Jan C., University of Stellenbosch. Faculty of AgriSciences. Dept. of Conservation Ecology and Entomology.
Format: Thesis
Language:English
Published: Stellenbosch : University of Stellenbosch 2011
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/10019.1/6909
Description
Summary:Thesis (PhD (Conservation Ecology and Entomology))--University of Stellenbosch, 2011. AFRIKAANSE OPSOMMING: Min aandag is al gegee aan biogeomorfologiese interaksies in glasiale en periglasiale omgewings. Nietemin is hierdie interaksies, wat op die skeidingsvlak tussen ekologie en geomorfologie fokus, baie belangrik in hierdie omgewings, waar organismes in noue verband met die abiotiese omgewing saamleef. In hierdie tesis bestudeer ek die interaksies tussen die vaskulêre plantspesies met die hoogste voorkoms op sub-Antarktiese Marion Eiland, Azorella selago Hook. (Apiaceae), en die omringende geomorfologiese landskapsvorme, -prosesse en meettegnieke. Verder verskaf die tesis voorstelle om toekomstige geïntegreerde biogeomorfologiese navorsing te vergemaklik. Om die gevolge van A. selago-plante vir sedimentbeweging en -verspreiding te verstaan, het ek die verspreiding van sedimentgroottes om hierdie plante gemeet deur middel van 'n kombinasie van fotografiese analise-metodes. Deur as sedimentbewegingsobstruksies te dien, het plante 'n waarneembare effek op die omringende sedimentverdeling. Dit is veral belangrik om hierdie interaksies tussen A. selago en sy omgewing te verstaan in die lig van onlangse klimaatsverandering op die eiland, omdat sedimentgrootte belangrike grondeienskappe soos waterretensiekapasiteit en vriesgevoeligheid beïnvloed. Om die effek wat A. selago plante op die omringende mikroklimaat het beter te verstaan, is die kleinskaalse variabiliteit in grondtemperature om A. selago plante bestudeer. Grootskaalse grondligting as gevolg van fors is gemeet, ten spyte van relatief ligte forseienskappe. Dit dui daarop dat naaldys ook by temperature bo -2°C kan vorm. Wintergrondtemperature aan die oostekant van plante was effens laer en minder veranderlik as aan die westekant van plante, waarskynlik as gevolg van laer windsnelhede en/of sneeu wat ophoop aan die oostelike, lykant van plante. Die resultate benadruk dat A. selago plante 'n belangrike rol speel in die verandering van mikroklimate en dat dit ...