Karst-ekologie van die Bakwenagrot (Gauteng)

Die Bakwenagrot huisves ’n verskeidenheid organismes wat ’n ingewikkelde en verweefde voedselweb vorm. ’n Kolonie Natalse langvingervlermuise gebruik hierdie grot regdeur die jaar as blyplek. Die vlermuisguano en dooie plantmateriaal wat van buite in die grot inval, vorm die basis van die ekologie i...

Full description

Bibliographic Details
Published in:Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie
Main Authors: Durand, Francois, Swart, Antoinette, Marais, Werner, Jansen van Rensburg, Candice, Habig, Johan, Dippenaar-Schoeman, Anna S. (Anna Sophia), 1948-, Ueckermann, Edward A., Jacobs, Riana, De Wet, Louis, Tiedt, Louwrens R., Venter, Eduard
Format: Article in Journal/Newspaper
Language:Afrikaans
Published: AOSIS Open Journals 2012
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/2263/19985
https://doi.org/10.4102/satnt.v31i1.275
Description
Summary:Die Bakwenagrot huisves ’n verskeidenheid organismes wat ’n ingewikkelde en verweefde voedselweb vorm. ’n Kolonie Natalse langvingervlermuise gebruik hierdie grot regdeur die jaar as blyplek. Die vlermuisguano en dooie plantmateriaal wat van buite in die grot inval, vorm die basis van die ekologie in die grot wat ook as ’n tipiese detritus-gedrewe ekostelsel beskryf kan word. Afbrekers soos bakterieë en swamme wat vir die afbraak van die guano en plantreste verantwoordelik is, word deur ’n verskeidenheid organismes, insluitend nematode en myte, as voedselbron benut. Hierdie organismes wat die volgende trofiese vlak vorm, word deur predatoriese artropode as voedselbron benut. Die Bakwenagrot is een van die weinige dolomietiese grotte in Suid-Afrika wat dit vir ‘n mens moontlik maak om tot by die grondwatervlak te kom. Die grondwater huisves verskeie tipes organismes waaronder bakterieë, swamme en diere – hoofsaaklik nematode en krustaseë. Die Bakwenagrot is ook die hoofvindplek waar varswater-amfipode in Suider-Afrika gevind is. Hierdie besondere en sensitiewe ekostelsel is hoofsaaklik van guano van die vlermuiskolonie afhanklik. Die grasveld in die gebied rondom die grot, wat as voedingsarea vir die vlermuiskolonie dien, word tans deur voorstedelike ontwikkeling en die gevolglike habitatfragmentasie en -vernietiging bedreig. Indien die vlermuise die grot sou verlaat, sal dit ’n hele domino-effek van uitsterwing van die grotbewonende organismes tot gevolg hê. The Bakwena Cave houses a variety of organisms that form an intricate and interdependent food web. This cave is utilised as a permanent roost by a colony of Natal clinging bats. The bat guano and allochthonous plant material that fall into the cave from outside, form the basis of the ecology inside the cave which may be considered a typical example of a detritus ecosystem. Decomposers such as bacteria and fungi are responsible for the decay of the guano and plant detritus which, in turn, are utilised by several organisms, including nematodes and mites, as ...