Summary: | Thesis (MEd)--PU vir CHO, 1987 1. PROBLEEMSTELLING: Die navorsingsprobleem is om vas te stel of die Kanadese onderwysstelsel deur die verskillende kulture van die Kanadese bevolking beïnvloed is. Of anders gestel, bestaan daar die geleentheid tot kultuurdifferensiasie in die Kanadese onderwysstelsel. Uit hierdie probleemstelling word die volgende probleemvrae afgelei, naamlik: * Word die onderwysstelsel van 'n bepaalde bevolkingsgroep deur die kul tuur van daardie groep bepaal? * Het die kultuurverskille in die Kanadese bevolking in die verlede 'n invloed op die onderwysvoorsiening gehad? * Word die onderwysstelselstruktuur in Kanada bepaal deur kultuurverskille? * Word spesifieke maatreëls getref om kultuurdifferensiasie te verwerklik? 2. NAVORSINGSDOELSTELLING Voortvloeiend uit die navorsingsprobleem lei die navorsingsdoelstelling om vas te stel of: * die onderwysstelsel se aard kultuur-bepaald is; * die kultuurverskille in die Kanadese bevolking in die verlede 'n invloed op die onderwysvoorsiening gehad het; * die onderwysstelselstruktuur kultuurverskille bepaal word; en * of daar spesifieke maatreëls in Kanada deur getref word om kultuurdifferensiasie in die onderwys moontlik te maak. 3. NAVORSINGSMETODES 'n Literatuurstudie is gevoer deur boeke, tydskrifte en koerante te raadpleeg wat betrekking op die studieveld mag hê. Onderhoude is gevoer met gesaghebbendes op hul gebied in die onderwys om 'n wyer siening te bekom oor die Kanadese onderwys-gemoeidheid. 4. STRUKTUUR VAN DIE VERSLAG In die opvolgende vyf hoofstukke is gepoog om die navorsingsdoelstellings te staaf. HOOFSTUK 2 'n Teoretiese begronding van die verband tussen die onderwysstelsel en kultuur word bespreek. Aan die hand van deeglike ondersoek is daar gevind dat kultuur geen definisie het nie, maar alle aspekte van die mens se lewenswyses insluit soos: tradisie, geskiedenis, ekonomie, politiek, handel, boukuns, landbou, kuns, etiek, taal, gewoontes en gebruike. Omdat die kultuurbegrip so omvattend is, kan gesê word kultuur deursuur die mens, sy gewoontes, sy gebruike, sy taal, sy materiële vooruitgang en sy omgewing. In die allesomvattende begrip kultuur, word die opvoeding of onderwys ook ingesluit. Derhalwe sal die onderwys van 'n groep noodwendig deur daardie groep beoefen word binne die kul tuurgrense wat die groep as belangrik beskou. So word daar dan van 'n Engelse, Franse of Amerikaanse kultuur gepraat, en of onderwys. Terwyl die onderwys dan verbonde is aan die kultuur van die groep, sal die onderwys bedryf word binne 'n onderwysstelsel. Die onderwysstelsel is die georganiseerde struktuur verband waarbinne onderwys bedryf word, en word bepaal deur die kultuur van die bevolkingsgroep. HOOFSTUK 3 EN 4 Kanada is bespreek aan die hand van natuurlike en kulturele faktore. Aangesien die land so uitgestrek is, 4,000 myl van oos na wes, met 'n klimaat van uiterste, lang koue winters en kort warm somers, het die twee faktore bygedra tot die kommunikasie-probleme wat weer aanleiding gegee het tot plaaslike ontwikkeling en lojaliteite. Gevolglik berus Kanada se politieke bestel op 'n versameling van provinsies binne 'n federale regering. Die onderwys-geskiedenis is aangetoon in die lig van kulturele verskille wat betrekking het, eerstens, op die Franse en Engelse en later, op die ander groepe. Die Franse nedersetting het in die oostelike deel van die land begin. Na die Engelse oorname van die Franse gebied het konflikte ontstaan as gevolg van die Franse se weiering om Engel se gebruike aan te neem, vernaamste was. Volgens die waarvan die onderwys die Franse gebruik was die Katolieke kerk verantwoordelik vir die onderwys, en die Katolieke kerklikes wou geen Engelse staatsinmenging duld nie. Om enigsins vreedsaam te verenig is daar volgens wetgewing bepaal dat onderwys die verantwoordelikheid van die provinsie bly. Daarvolgens is onderwysvoorsiening 'n plaaslike aangeleentheid en val dit nie onder die federale regering se jurisdiksie nie. 'n Spesiale bepaling maak vir kultuurverskille voorsiening, naamlik 'n aparte skoolraad, sodat die Protestante in Quebec en die Katolieke in die ander provinsies die reg behou om aparte skole te hê, en geregtig is op staatshulp. Kanada is geleidelik bevolk deur immigrante van Europa. In Engelse Kanada of Kanada-Wes 1 het die Engelse invloed die onderwysbeplanning gerugsteun. Ryerson, as superintendent van onderwys, het die riglyne vir die onderwysstelsel aangetoon in 1846 tot 1876. Soos die land weswaarts bevolk is, het die onderwysstelsel uitgebrei. Die ontwikkelende provinsies het nie die patroon slaafs nagevolg nie 1 maar dit aangepas om by die plaaslike gemeenskappe se behoeftes en verskille aan te pas. So, het Britse Kolombië ‘n nie-sektariese onderwysstelsel, terwyl Newfoundland se stelsel verbonde is aan vyf denominale stelsels. In 1876 het Kanada 'n federasie geword met vier provinsies, die ander provinsies het op later datums lede geword. By elke byvoeging is die onderwysvoorsiening wetgewing bekragtig. In hierdie twee hoofstukke word dan aangetoon dat die geografiese kenmerke van distansie en klimaat die kommunikasie tussen die mense beïnvloed het 1 sodat daar 'n alles-oorheersende plaaslike lojaliteit ontstaan het. Die historiese patroon van nedersetting 1 oos en wes met die Franse en Engelse, het die plaaslike groepslojaliteit verder aangehelp. Die gevolg was dat daar 'n gefragmenteerde pluralistiese federasie van mense ontstaan het, met onderwysvoorsiening 'n plaaslike aangeleentheid. Die Franse en Engelse bevolkings het etnies religieus, kultureel en linguisties te veel verskil om eenvormig te wees. Die tweede navorsingsdoel is hierby verklaar, naamlik dat die kultuurverskille van die Kanadese bevolking in die verlede 'n invloed op die onderwysvoorsiening gehad het. HOOFSTUK 5 In hoofstuk vyf het die klem geval op die rol wat die federale en provinsiale regerings speel in onderwysvoorsiening. Alhoewel die federale regering aangewys is op onderwysvoorsiening vir spesiale groepe, soos die Indiane, Eskimo's, Weermag en Gevangenes, het die federale regering geen direkte inspraak op die onderwys van die provinsies nie. Daar is tans 'n debat om die federale regering se rol te probeer verklaar, aangesien die federale regering die onderwys indirek beïnvloed deur finansiële bydraes te maak. Daar word andersins streng gewaak teen direkte federale inspraak op die onderwys van die provinsies. Die onderwys is derhalwe gedesentraliseerd tot op plaaslike vlak. In die provinsiale struktuur val onderwysbeheer en -beleid onder die gesag van die departement van onderwys met 'n minister aan die hoof van die departement. Hy/sy is 'n politieke aanstelling terwyl die adjunk-minister 'n staatsdienaar is. Onder die leiding en gesag van die persone resorteer die administrasie, finansiële begroting, onderwysuitvoering, onderwysdienste en onderwysinrigtings. Verder het die plaaslike skoolrade gedelegeerde gesag sodat skoolstelsels op provinsiale vlak verskil. Omdat die onderwysstelsel so ui teenlopend is, kon net 'n veralgemening gebruik word ten einde te benadruk dat die onderwysstelselstruktuur kultuur bepaald is. die derde navorsingsdoelstelling uiteengesit. HOOFSTUK 6 Vervolgens is Binne die hoofstuk word aangedui hoe die beleid van multikulturalisme waarop die federale regering in 1970 besluit het, binne die tweetaligheidbeginsel toegepas moet word. Die dominante Engelse groep het die onderwys van al die provinsies beheer behalwe Quebec. Ten einde geassimileer te word moes die immigrante hul by die Engelse beleid van onderwys aanpas. Gedurende die sestigerjare het Quebec 'n etniese oplewing ondervind toe die Franse bevolking hul rol in die ekonomiese samelewing bevraagteken het. Deurgrondige ondersoek is ingestel en na aanleiding van die verslae het die ander etniese groepe in Kanada aangetoon dat hulle erkenning wil hê. Daar is wetgewing ingedien en Kanada volg nou die beginsel van multikulturalisme binne 'n tweetaligheidsraamwerk. Uiteenlopende denkrigtings/opinies word gehuldig oor die uitvoerinq van multikulturalisme binne skool verband. Daar die beleid berus op die vertolking van elke provinsie of skoolraad binne sy kulturele verband of belang, kon net 'n paar voorbeelde genoem word. Daar is egter opgelet dat spesifieke maatreëls getref word om kul tuurdifferensiasie in die onderwys moontlik te maak, wat die vierde navorsingsdoelstelling duidelik maak. Die slotopsomming van die navorsingstudie met sekere bevindings word in die hoofstuk verhaal. Dit is gevind dat die studieveld baie meer behels as wat aanvanklik bereken is, met die gevolg dat die veelomvattendheid van die studie nie genoeg ruimte oorlaat vir 'n in diepte verslag nie. Die moontlikheid bestaan dus dat 'n opvolg studie die area kan bereik wat nie gedek is nie, te wete die onderwysvooriening van die inboorlinge, Indiane en Eskimo's. Masters
|